Konserwatiewe Bavaria verloor steun

In ’n nuwe meningspeiling wat in die Duitse deelstaat Bavaria gehou is, het die steun vir die regerende Christen Sosiale Unie (CSU) van premier Markus Söder aansienlik gedaal ten koste van groei in die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland (AfD).

Die vermindering in steun is klaarblyklik in lyn met die swak steun wat kanselier Angela Merkel se Christen Demokratiese Unie (CDU) ondervind regoor die land.

Met net en week oor voordat die streekverkiesing plaasvind, het die CSU nie veel tyd om sy posisie te verbeter nie, en sal die verbetering in die steun vir die nasionaliste ’n swaar slag vir Angela Merkel se koalisieregering wees.

Volgens die peiling het die CSU se steun na sy laagste vlak ooit geval en kan hulle slegs sowat 33% steun van die kiesers verwag.

Die CDU het ’n steun van byna 36% gehad in die vorige streekverkiesing, en die peiling toon dat meer as 50% van sy ondersteuners nie meer tevrede is met die koers wat die Merkel regering volg nie.

Die CSU wat vir baie jare die leiding neem in Bavaria, se gewildheid het begin kwyn toe kanselier Merkel met haar “oop deur” benadering die immigrante toegelaat het sonder om behoorlike beheer uit te oefen.

Foto – Premier Markus Söder