Italië waarsku Duitsland oor immigrante

Die nasionalistiese regering van Italië het Duitsland gewaarsku om nie onwettige immigrant terug te stuur na Italië nie.

Onbevestigde berigte dui daarop dat die Duitse deelstaat Bavaria dit oorweeg om van die onwettige immigrante terug te stuur na Italië waarvandaan hulle glo gekom het.

Bavaria glo die immigrante afkomstig uit Afrika moet teruggestuur word na die punt waar hulle voet aan wal gesit het op Europese grond, maar Italieq het reeds bekendgemaak dat hy nie bereid is om die onwettige immigrante in sy land toe te laat nie, en het reds by meer as een geleentheid skepe met immigrante weggewys en geweier dat hulle sy hawens binnegaan.

Die Federale Minister van Binnelandse Sake, Horst Seehofer, steun die streeksregering van Bavaria se standpunt dat onwettige immigrante waie se aansoek om asiel misluk, teruggestuur moet word na die punt waar hulle Europa binne gekom het.

Die nasionalistiese Minister van Binnelandse Sake in Italië, Matteo Salvini, was ewe beslis en het Berlyn gewaarsku om nie die immigrante terug te stuur nie, en gesê sy land se grensposte is reds gesluit vir immigrante en die lughawens word ook gesluit vir mense wat teruggestuur word.

Volgens berigte word die eerste 40 asielsoekers per vliegtuig na Italieq teruggestuur, maar met die lughawens wat gesluit word vir sulke besoekers, kan die spanning tussen die twee lande verder verhoog.

Die moontlikheid bestaan dat die Europese Unie druk sal plaas op die Italiaanse regering om die asielsoekers te ontvang.

Die asielsoekers wat hoofsaaklik uit Nigerië afkomstig is, sal waarskynlik teruggestuur word na die Afrika land waar duisend werkloses na Europa wil uitwyk.