Indonesië se dodetal styg dramaties

Die dodetal in die rampgebied van Indonesië het gestyg tot bokant die 2 000 merk, en die owerheid meen honderde mense is onder die modder begrawe wat nooit gevind sal word nie.

Die eiland is eers deur ’n reuse aardbewing geteister wat honderde woonplekke inmekaar laat val het, en kort daarna het ’n tsoenami die gebied getref en duisende mense dakloos gelaat terwyl baie omgekom het en nooit gevind sal word nie.

Woordvoerders van die owerheid sê die moontlikheid bestaan dat meer as 5 000 mense omgekom het, maar die inwoners keer geleidelik terug na hulle normale roetine behalwe dat daar steeds na mense gesoek word.

Die regering het aangekondig dat die soektog na oorlewendes nou gestaak word maar dat individuele soektogte steeds voortgaan in die hoop met nog mense te vind.

Daar bestaan ook ’n vermoede dat meer as 5 000 mense begrawe is onder die groot modder verskuiwing wat plaasgevind het, maar dit is so groot in omvang dat die soektog na lyke waarskynlik gestaak gaan word.

Die owerheid sal na verwagting ’n volkstelling hou om te probeer bepaal hoeveel mense omgekom het, maar verskeie nooddienswerkers is van mening dat die totaal tot 7 000 kan styg.

Die eiland is op die gevaarlikste plek vir aardbewings en tsoenami vloed geleë, en word dikwels geteister, waarvan die huidige ramp die grootste is wat nog aangeteken is.