Ikoniese baba skilpaaie gesteel

Ongeveer 123 klein baba skilpaaie wat as ’n ikoniese spesie gesien word in Ecuador, is deur diewe gestel om in die swart mark te verhandel.

Die spesie wat besonder groot word, word van uitwissing gered deur ’n broei fasiliteit wat ingerig is op die Galapagos Eiland.

Die owerheid het bekendgemaak dat die babas wat mettertyd in die Stille Oseaan vrygelaat sou word deur “wild diewe” gesteel is om op die swart mark te verkoop teen astronomies pryse.

’n Polisie woordvoerder sê dit is duidelik dat die reptile almal gelyktydig gesteel en weggeneem is, en ’n uitgebreide ondersoek is gelas om die besondere skilpaaie terug te vind.

Die babas was versorg op die Isabella eiland waar die Arnaldo Tupiza Center opgerig is vir die besondere doel om di reptiele te versorg tot hulle in staat is om vir hulle self te sorg in die oseaan.

Alhoewel personeel en sekuriteitswagte voltyds in diens is, word die perseel nie baie goed bewaak nie omdat niemand regtig belangstel om skilpaaie te steel nie, en kan diewe maklik gedurende die nag die perseel betree.

Vulkaan uitbarstings het bygedra tot die dood van honderd skilpaaie oor ’n lang tyd, en die bewaring en beskerming van die seldsame reptiele is etlike jare gelede begin.