Hoof van Interpol verdwyn spoorloos

Die Sjinees wat hoof is van Interpol het op ’n vliegtuigreis tussen Frankryk en Sjina, spoorloos verdwyn en die Franse polisie het vasgestel dat die man nie in Frankryk weggeraak het nie.

Meng Hongwei wat in 2016 verkies is tot hoof van Interpol is as vermis aangemeld nadat hy ’n week gelede glo weggeraak het met sy vliegtuig rit na Sjina.

Hongwei is ’van Sjinese afkoms en het aan die einde van September na Sjina gereis, maar nou word beweer dat hy nie daar aangekom het nie terwyl Frankryk nagegaan het dat hy wel met ’n vlug na Sjina vertrek het.

Sy vrou het aan die polisie in Frankryk gesê hy het niks van hom laat hoor sedert hy na Sjina vertrek het nie en sy slaag nie daarin om met hom kontak te maak nie.

Kenners wys daarop dat dit nie vreemd is as iemand in Sjina skielik vermis word en nooit opgespoor word nie,

’n Klein koerant in Hong Kong, die “South China Morning Post”,  beweer dat die 64 jarige president van Interpol vir ondervraging deur die Sjinese owerheid weggeneem is en sedertdien nie weer gesien is nie.

Foto – Hongwei Meng