Gewelddadige betogings in Ventersdorp

Elf persone is in hegtenis geneem na gewelddadige betogings in Ventersdorp.

Die dorp is op Krugerdag tot stilstand gebring en besighede het hulle deure gesluit  uit vrees dat hulle geplunder gaan word.

Polisie en inwoners van Tshing was betrokke in skermutselings .

Die N14 tussen Ventersdorp en Coligny is intussen weer heropen vir verkeer nadat dié pad en die R503 met gebruiklike brandende bande en klippe versper is.

Die rede vir die betoging handel skynbaar oor ‘n ontwikkelingsprojek van R6 miljard wat al tien jaar gelede aangekondig is en waarvan tot dusver dadels gekom het.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die beste waartoe die polisie skynbaar in staat is, is “om die situasie te monitor”.