Franse premier wou ook bedank

Teen alle verwagtinge in, het die Franse eerste minister, Edouard Philippe, aanvanklik laat blyk dat hy van voorneme is om te bedank as premier, maar dit uiteindelik nie gedoen het nie.

Die premier was blykbaar van plan om sy bedanking aan die Franse president, Emmanuel Macron, te gee nadat sy minister van binnelandse sake ook bedank het.

Die premier se bedoeling was glo om te bedank sodat ’n nuwe regering onder die heerskappy van die ongewilde Franse president aangewys kon word.

Die bedanking van die minister van binnelandse sake, Gérard Collomb, het ’n opskudding in Frankryk veroorsaak, en na meer ’n week is daar nog geen aanduiding wie die nuwe minister sal wees nie.

Met die drie ministers wat reeds bedank het, blyk dit dat president Macron se ongewildheid ook na sy kabinet deur sypel.

Die president is glo op soek na ministers om die drie vakatures te vul, maar sy onrealisties beleidsrigtings is glo die rede waarom hy nie maklik nuwe ministers sal vind nie, veral omdat hy te kenne gee dat hy nie sy beleid sal verander nie.

Foto – President Macron en premier Philippe