EU hof vind Pole skuldig

Die Poolse regering moet onmiddellik die nodige stappe neem wat sal verseker dat regters van die Hooggeregshof in die land mag voortgaan met hulle werk en dat die wetgewing wat onlangs ingestel is, weer geskrap word.

Pole het onlangs wetgewing aanvaar wat regters van die Hooggeregshof kan dwing om met vervroegde pensioen af te tree.

Intussen het die Europese Hof uitspraak gegee dat Pole nie by magte is om so ’n wet toe te pas nie en onmiddellik die wet moet verwyder van die wetboek.

Die hof wat in Luxemburg is, het verlede Vrydag beslis dat alle maatreëls getref moet word om regters van die Hooggeregshof in Pole ongehinderd met hulle werk mag voortgaan.

Die Europese Kommissie het Pole voor die hof in Luxemburg gedaag nadat talle protesoptogte in Pole gehou is om  regters se belange te beskerm teen die nuwe wetgewing wat die nasionalistiese regering beoog het.

Ingevolge die nuwe wet word regters se aftree ouderdom ook verkort van 70 na 65 jaar wat beteken dat 27 regters, ingesluit die hoofregter, moet aftree, tensy die Poolse president goedkeuring gee aan die versoek van regters om nog vir 5 jaar in diens te bly.

Dit is nie bekend of die Poolse regering gaan toegee aan die hof se beslissing nie, wat egter verdere stappe teen Pole kan meebring.