Engelsman moet sê oor Eskom verkoop

Eskom se baas, Jabu Nabuza, het aangekondig dat Lazard, ‘n Londense finansiële adviseur, binne die volgende dae sy assessering sal voltooi waarin hy sal aandui watter bates van Eskom verkoop kan word.

Dit volg na sterk ontkenning dat daar nie sulke sake op die agenda is nie.

Eskom is die grootste sondaar wat betref skuld, skaduagtige transaksies en hul Gupta verbintenisse .  Hoekom ‘n Londense adviseur gehuur is sal Eskom net weet en wat sy fooie is sal seker nie geopenbaar word nie.