EFF waarskynlik wel betrokke by VBS

Na sterk ontkenning dat Brian Shivambu enige geld ontvang het van VBS Mutual Bank word daar nou deur Floyd Shivambu (foto) gesê dat sy broer die geld sal terug betaal as wetstoepassers hom sou aanraai om dit te doen. Dit kom neer op ‘n erkenning dat hy inderdaad die geld ontvang het, sê waarnemers.

Dit is die jongste verandering in die EFF se hantering van die situasie nadat hulle ook betrek is by die gestroopte bank se sake. Na bewering het die EFF ook geld in sy rekening gekry, en daar word nou afgewag of hulle ook bereid sou wees om die geld terug te betaal. As die storie oor Brian Shivambu nou blyk waar te wees met sy broer se informele erkenning, is die res van die verslag ook waarskynlik waar.

Waarnemers merk op dat R16 miljoen as konsultant dienste gelewer in bykans ‘n jaar se tyd is nie te sleg vir Brian Shivambu nie.