EFF ook korrup sê lede

Die EFF word ook beskuldig van korrupsie deur lede van ‘n Noord-Kaapse tak van die party.

Julius Malema en Floyd Shivambu is in die kollig met beskuldigings van korrupsie, gierigheid en magshonger.

Verhoudings met vroulike lede binne party strukture is onder andere van die klagtes wat  Olebogeng Leserwane van Kimberley teen die leiers hou.