E-Tol eet slaggate se geld

Daar word berig dat fondse wat geoormerk was vir die instandhouding van nasionale paaie nou gebruik gaan word om die bankrot E-Tol stelsel te befonds.

Tesourie het glo goedkeuring gegee dat gelde wat gebruik sou word om 19 000km nie-tolpaaie te verbeter gekanaliseer kan word na die mislukte E-Tol stelsel om lopende kostes te betaal.

Die gevolg is dat weinig nuwe paaie gebou gaan word wat die las op bestaande paaie al hoe groter gaan maak, wat gaan beteken groter en dieper slaggate.