Duitsland betree die ruimte

Die premier van die deelstaat Bavaria in Duitsland, Markus Söder, het op die sosiale netwerk bekendgemaak dat Bavaria van plan is om nie net sy eie ruimteprogram te begin nie maar ook sy eie hiper-loop vervoerstelsel.

Markus Söder het uitgewys hoe die moontlike beplanning vir ’n ruimteprogram begin sal word wat eie is aan die suidoostelike deelstaat.

Hy het later tydens die Christen Sosiale Unie (CSU) vergadering waar die Christen Demokratiese Unie (CDU) van kanselier Merkel teenwoordig was, meer besonderhede bekend gemaak.

Die premier het daarop gewys dat Bavaria saam met die Federale Ruimtetuig Sentrum sal werk om die program vroeg in 2019 te inisieer.

Waarnemers wys daarop dat die premier waarskynlik die program bekendgemaak het kort voor die opening van die stemlokale op 14 Oktober.

Peilings wat kort voor stemdag gemaak is toon dat dit nie goed gaan met die CSU nie, en dat die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland besig is om steun te kry uit daardie oord.

Met die slagspreuk “Bavaria Een: Missie die Toekoms” hoop die party om die beheer te behou oor die deelstaat se belange.

Foto – Premier Markus Söder