Die wêreld se eerste Hiper-loop bekendgestel

Die wêreld se eerste volgrootte hiper-loop passasiersvoertuig wat deur ’n Amerikaner ontwikkel is, is in Spanje bekendgestel waar dit gedeeltelik vervaardig sal word.

Die maatskappy, Hyperloop Transportation Technologies sê die blitsige kapsule wat teen ’n spoed van 1 220 kilometer per uur kan voortsnel, sal binne 25 minute sy passasiers vanaf Barcelona in Madrid besorg.

Die 32 meter lange kapsule met ’n massa van 5 000 metrieke ton, word gedeeltelik in Spanje gebou waarna die res in Toulouse, Frankryk, gemonteer sal word.

Die mede-ontwikkelaar en hoof van die vervaardiger in die VSA, Dirk Ahlborn, het verduidelik dat die kapsule vol passasiers of enige ander vrag, gelykstaande is aan die van ’n vliegtuig, maar dat dit sonder vlerke is, en beweeg teen ’n asemrowend spoed en kan die lugverkeer aansienlik verminder.

Die kapsule bekend as “Quintero One” het 21 000 uur se harde werk van hoogs opgeleide ingenieurs geverg om te ontwikkel wat aangedryf word deur elektriese en magnetiese kragbronne op lae-wrywing pyp-spore.

Beplanning word gedoen om die eerste aanleg op te rig tussen Dubai en Abu Dhabi waarna ’n aanleg opgerig gaan word tussen die Oekraïne en Sjina.

Die konsep van elektriese aandrywing saam met ’n magnetiese stelsel is reeds in 2013 deur die ruimte tegnoloog, Elon Musk, voorgestel, maar niemand het op daardie stadium aan sy unieke idee geglo nie.