Deur my lens: Leuens en misleiding

Ek het behoorlik uitgebars van die lag toe Mugabe Nommer 2 op televisie gesê het eiendomsreg sal beskerm word dur die kommunistiese ANC regime.

As die president dink ons sal hom ooit weer glo, maak hy ’n groot flater, want die Boere-Afrikaner word net een keer belieg  en daarna kan hy selfs die waarheid praat en sal nie geglo word nie.

Ramaphosa kan miskien vir buitelandse beleggers mislei, maar ons wat weet hoe sy kop werk, weet ook dat hy met ’n grootskaalse misleidings taktiek die wêreld op ’n dwaalspoor stuur.

Hy het aanvanklik gesê rondomheining sonder vergoeding sal deurgevoer word, en ons sien dit is besig om te gebeur, maar in die buiteland ontken hy dit.

Dit is maar soos al sy voorgangers as ANC presidente – misleiding en bakhand staan is mos ’n vaste kultuur…..

Klein Knapie