Departement gee R31 miljoen bonusse

Die departement van water en sanitasie het meer as R31 miljoen se bonusse uitbetaal die afgelope jaar, ten spyte daarvan dat slegs 52% van die beplande mikpunte behaal is.

Die departement se oortrokke rekening by tesourie beloop R119 miljoen met ‘n kumulatiewe onregmatige uitgawe rekening van R1 miljard.

Verder skuld die departement sy verskaffers R2 miljard.

Waarnemers sê hier stink iets meer as sanitasie.