Brasilië se nasionalis loop voor

Die nasionalistiese presidentskandidaat, Jair Bolsonaro, het byna in die eerste rondte ’n volstrekte meerderheid gekry in die Brasiliaanse presidentsverkiesing.

Met ’n steun van 47% teenoor sy belangrikste opponent, Fernando Haddad, wat slegs 28% steun gekry het, blyk dit ’n uitgemaakte saak dat Jair Bolsonaro die tweede rondte gemaklik sal wen.

Haddad, wat ’n handperd vir die tronkvoël en voormalige president, Da Silva is, se kanse om verkies te word is uiters skraal aangesien die oorgrote meerderheid kiesers sterk gekant is teen Da Silva wat nog vir jare in die tronk sal wees.

Bolsonaro, ’n voormalige weermag offisier met sterk nasionalistiese oortuigings, het die kiesers se verbeelding aangegryp met sy standpunt oor die beëindiging van korrupsie en dwelmverwante misdade.

Foto – Jair Bolsonaro