ANC se R75 miljard vermorsing

Dit blyk dat die ANC regering daarin geslaag het om meer as R75 miljard te vermors met ongemagtigde, onreëlmatige en verkwistende transaksies.

Eskom met sy R19 miljard, SANRAL se R10,5 miljard, en Transnet met R8,1 miljard is die groot sondebokke  terwyl SAL, Denel, Prasa en SA Express se syfers nog uitstaande is.

Dit kan beteken dat bykans R100 miljard deur die ANC en sy meelopers vermors is.

Terwyl hulle dus aan die een kant geld mors, verwag hulle dat grondeienaars sommer netso en gedwee hulle grond sonder vergoeding moet afstaan. Dit is ‘n resep vir revolusie, meen politieke ontleders.