Wêreld Nuusflitse – 12 September

Groenland

Die koalisieregering van Groenland het in duie gestort nadat een van die hoof vennote besluit het om pad te gee nadat verskille ontstaan het oor ’n plan van Denemarke om ’n lughawe van die land op te gradeer.

 

Japan

Die Japanese owerheid sê die 30 jaar verbod op walvis vangs was aanvanklik ’n tydelike maatreël, maar deskundiges sê die walvis bevolking is so laag dat dit juis nou beskerm moet word. Dit is bekend dat Japan jaarliks honderde walvisse vang.

 

VSA

Die Amerikaanse deelstaat Florida het ’n wet onderteken wat die opwekking van elektrisiteit met fossielbrandstof sal verbied vanaf 2045, maar word deur waarnemers beskou as ’n direkte verskil met die president se amptelike siening.