VSA sluit Palestynse organisasie

Die Trump-administrasie het besluit om die Palestynse Vryheid Organisasie (PLO) wat beskou word as ’n de facto ambassade te sluit in Washington.

Die besluit is in opvolg van vorige besluite om finansiële hulp aan Palestina te staak of minstens te verminder nadat die Palestyne sterk gekant is teen die Amerikaanse besluit om sy ambassade in Tel Aviv te verskuif na Jerusalem om daarmee te erken dat dit die Israelse hoofstad is.

Die PLO se sekretaris-generaal, Saeb Erekat, het die sluiting van die Vryheid Organisasie as ’n “gevaarlike stap” bestempel en bygevoeg dat dit net nog ’n vreemde optrede is soos wat die Trump-administrasie dit doen om die Palestyne te druk soos wat reeds gedoen is met die finansiële hulp wat ingekort is.

Die reeks van verskillende optredes deur Amerika het ontstaan nadat die Palestynse owerheid besluit het om “alle bande met die VSA te breek”.