Volkswagen onttrek dalk uit Iran

Volkswagen sal geheel en al onttrek uit Iran nadat die Trump-administrasie die vervaardiger oortuig het dat dit in hulle eie voordeel sal wees.

Klaarblyklik het president Trump die Volkswagen hoofde gemaan om eerder uit Iran te onttrek anders kan hulle gedwing word om uit Amerika te onttrek, wat ’n veel groter terugslag sal wees.

Volkswagen het egter net meer as ’n jaar gelede weer toegetree tot die markte in Iran, maar volgens Bloomberg se jongste verslag is die betrokkenheid nou weer in die weegskaal.

President Donald Trump het etlike maande gelede gesê diegene wat in Iran sake doen, nie die VSA se besigheid sal kry nie, en dit is waarskynlik die hoofrede waarom Volkswagen sy opsies heroorweeg.

Volgens persberigte het die VSA se ambassadeur in Duitsland die motorvervaardiger vermaan om eerder te onttrek uit Iran en sodoende hul verbintenis met Amerika behou en selfs verstewig.