Tegnologie ingespan teen besoedeling

Meer as 5 triljoen stukke plastiek besoedel die oseane van die wêreld, en nou het wetenskaplikes die tegnologie ingespan om die skoonmaak proses vinnig af te handel.

Die vyf oseane wat die grootste besoedel is gaan eerste aandag kry, waarvan die Stille Oseaan die meeste besoedel is.

Nou is ’n reuse pyplyn, met al die nodig suig apparate en bykomstighede gereedgemaak om die oseaan se plastiek op te suig wat begin word tussen Hawai en die kus van Kalifornië.

Die projek, bekend as die “Ocean Cleanup”, het met die hulp van wetenskaplikes ’n gevorderde tegnologiese stelsel ontwikkel om die wêreld se oseane te bevry van die plastiek euwel wat die seelewe en die mens se voortbestaan bedreig.

Die stelsel sal egter vyf jaar neem om die grootste hoeveelheid plastiek in die Stille Oseaan te verwyder en sal daarna na ander oseane geneem word.