Standard Bank afgedreig deur Zwane

Ian Sinton van Standard Bank het voor die Zondo kommissie getuig hoe die destydse minister van minerale sake, Mosebenzi Zwane, die bank versoek het om nie die Gupta rekenings te sluit nie, waarop die minister daarop gewys is dat die bank nie die wette kan oortree nie.  Zwane se antwoord was dat hy die wet sal laat verander wat dit dan onwettig sal maak vir banke om rekeninge net te sluit.

Zwane, in die teenwoordigheid van Mildred Oliphant, toe die minister van arbeid, het sover gegaan om die bank te herinner dat hul lisensie om ‘n bank te bedryf in gevaar gestel word as die bank nie meer toegewend is rakende versoeke van die regering nie.

Jacob Zuma het later verklarings wat deur Zwane uitgereik was, gerepudieer synde “nie komend van die kabinet, die president of die regering” nie.