SAID invordering bevraagteken

Dit blyk dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) nie die vermoë het om 40% van R143 miljard se uitstaande belasting in te vorder nie. SAID is gewikkel in dispute of skuld wat meer as vier jaar uitstaande is.

SAID gaan glo konsentreer op die 60% wat moontlik verhaal kan word.

‘n Entiteit wat eens glad gefunksioneer het, is in ‘n gemors gedompel deur politici wat aanstellings gedoen het om hulself en mense soos die Guptas te bevoordeel.

Daar word nou openlik gevra wie nog enigsins vertroue kan hê in die land se regeringstelsels.