Ramaphosa versprei fopnuus

President Cyril Ramaphosa het die bewering gemaak dat die weerstand teen grondonteiening sonder vergoeding, besig is om steeds minder te word namate die regering met die die teenstanders daarvan in gesprek tree.

“Ramaphosa glo en versprei fopnuus,” was die reaksie van ‘n lid van TLU SA se Uitvoerende Komitee. “Ramaphosa is genooi om TLU SA se kongres volgende week in Pretoria by te woon, maar daarvoor sien hy nie kans nie,” is aan Die Vryburger gesê.

“Dalk kry hy dit reg om sekere van sy gespreksgenote te verblind met sy mooi praatjies, maar TLU SA bly onverbiddelik gekant teen grondonteiening sonder vergoeding, omdat dit niks anders is nie as diefstal,” wat die TLU SA UK-lid se reaksie.

“Die mark vertel ook ‘n ander verhaal. Grondpryse het met meer as dertig persent gedaal, en die rand verswak elke keer wanneer daar oor onteiening sonder vergoeding gepraat word. As Ramaphosa dus sê dat daar ‘n groter aanvaarding vir dié soort diefstal kom, verkondig hy fopnuus, wat ongeloofwaardig is.”