Ramaphosa gee halwe feite

In ‘n gladde spel met woorde het Cyril Ramaphosa in New York gesê dat die ANC besig is om steun te wen na Jacob Zuma se groot diefstal oftewel staatskaping.

Volgens hom sal die regstelsel almal tot verantwoording roep wat deel was van die grootste skande in die land se geskiedenis.

Hy mislei die wêreld verder deur te verklaar dat daar geen “grond gryp” sal plaasvind nie en hy gaan verder en sê dat Donald Trump nie die regte inligting gehad het toe hy sy verklaring rondom grondonteiening gemaak het nie.

Hy het ook aangedui dat die verkiesing in 2019 voor Mei 2019 kan plaasvind, alhoewel verkiesings gewoonlik al in April plaasvind.

Hy het verder gesê: “Vrede, stabiliteit en die handhawing van wet en orde is krities vir ekonomieë om te vorder en besighede te laat floreer”.

Hy het egter geen woord gerep oor die voortdurende plaasmoorde, toenemende verkragtings, styging van moordsyfers, vernietiging van infrastruktuur en daaglikse geweld in die land nie.

‘n Politieke ontleder het opgemerk dat hy dalk ‘n verklarende woordeboek moet raadpleeg om te sien wat beteken “vrede” en “stabiliteit” om nie eers te praat van “regsreëls” te praat nie.