Nigerië herwin miljoene gesteelde staatsgeld

’n Nigeriese polisie ondersoek het gelei tot die herwinning van miljoene dollars wat deur diewe gesteel is uit die staat se oliefondse.

Die polisie se sukses kom egter eers nadat die Italiaanse hof twee mans tronk toe gestuur het weens hulle betrokkenheid by olie ongerymdhede waarby Shell in Nigerië betrokke is.

Die ondersoek het die polisie laat toeslaan op ’n punt waar $470,5 miljoen van die Nigeriese staat se oliemaatskappy fonds herwin kon word.

Die polisie in Nigerië sê die gesteelde geld is in verskillende private bankrekenings opgespoor wat gekoppel is aan die Nigeriese Nasionale Petroleum Korporasie en is eers opgespoor na ’n landswye ondersoek deurgevoer is.

’n Deel van die geld, wat na raming meer as ’n miljard dollar beloop, is deur die diewe in ’n Britse bank gedeponeer, maar kon later ook herwin word.