Miljoene sterf weens lugbesoedeling

Wetenskaplike navorsing toon dat minstens sewe miljoen mense jaarliks te sterwe kom weens lugbesoedeling wat lei tot verskillende siekte toestande.

Die mening is uitgespreek dat vroegtydige waarskuwings oor besoedeling aan burgerlikes deurgegee moet word wat mense in staat sal stel om betyds voorsorgmaatreëls te tref soos dra van maskers.

Vincent-Henri Peuch, die hoof van die Copernicus Atmosphere Monitoring Service het in die gesaghebbende “Nature” joernaal gesê die sterftes van sewe miljoen mense elke jaar kan drasties verminder word indien maatreëls deur owerhede, nyweraars en individue in plek kom.

Hy het ’n beroep gedoen om internasionale aksies te neem om die haglike toestand om te keer en mense te verseker van onbesoedelde lug wat ingeasem kan word.

Die wêreld behoort daaglikse verslae vry te stel soos wat weervoorspellings gedoen word om mense bewus te maak van die vlakke van lugbesoedeling.

Daar bestaan reeds sulke dienste in Europa en dit behoort wêreldwyd ingestel te word ter wille van die gesondheid van alle mense, het hy gesê.