Kategorie 4 orkaan nader VSA kus

Florence ’n kategorie 4 orkaan het Maandag die VSA se ooskus genader terwyl miljoene mense hulle voorberei vir die storm wat later die week die land sal tref.

Almal maak huise en eiendom gereed om die sterk rukwinde en stormwaters te trotseer wat na verwagting Woensdag of Donderdag di kus sal berik.

Windsterkte van soveel as 220 kilometer per uur is in aantog en waarskuwings is gerig dat die orkaan uiters gevaarlik is en groot skade sal aanrig.

Die Amerikaanse Nasionale Orkaan Sentrum sê in sy waarskuwing dat die orkaan die kus van Carolina teen Donderdag sal bereik, maar dat mense van Woensdag reeds stormwinde kan verwag.

Mense is versoek om die laer liggende gebiede te vermy en ook die gebiede na aan die kus waar reuse branders ernstige skade kan aanrig.

Die Nasionale Orkaan Sentrum het die meegaande foto vrygestel van die orkaan wat besig is om na die kus te beweeg.