Kataloniërs eis alweer vryheid

Die polisie in Katalonië se hoofstad sê daar was sowat een miljoen mense in die vryheidsoptog wat die strate onbegaanbaar gemaak het, maar kenners meen daar was minstens 1,3 miljoen.

Die optog van die Spaanse deelstaat se separatiste hoop steeds dat die Spaanse regering met hulle sal onderhandel om ’n vreedsame oplossing te vind.

Die optog wat beskou word as ’n hernude eis om vryheid na die mislukte poging onder leiding van die voormalige president van Katalonië, Carles Puigdemont, wat moes uitwyk na Vlaandere waar hy met ope arms ontvang en gehuisves word.

Die optog wat besonder vreedsaam verloop het, het plaasgevind op ’n Spaanse vakansiedag wat as Dada bekend staan en die herdenking van gebeure toe Barcelona in 1714 deur Spanje geannekseer is.

Nou eis die meerderheid inwoners van die deelstaat dat hulle onafhanklikheid teruggegee word deur afskeiding van Spanje.