Joernalis kry doodsdreigemente

Die joernalis,  Q Hunter, wat ‘n artikel geplaas het oor die ontmoeting van Jacob Zuma en andere om Cyril Ramaphosa te onttroon, het doodsdreigemente ontvang van die ANC vroueliga se sekretaris-generaal, Meokgo Matumba.

Die Kaapstadse Persklub het die dreigemente veroordeel.

Die ANC het vroeër geëis dat die Sunday Times die gewraakte berig moet herroep.