Honderde goue muntstukke gevind

Honderde goue muntstukke wat dateer uit die Romeinse era is ontdek in ’n ou teater in die noorde van Italië.

Die ontdekking is aangekondig deur die Italiaanse minister van kultuursake en gesê die muntstukke dateer uit die Romeinse tydperk in die 5 de eeu.

Die waardevolle munte is in ’n steen gevind by die Cressoni teater in die stad Como en die historiese gebeurtenis rondom die munte gaan nagevors word.

Die teater is opgerig in 1870 en was later omgeskakel in ’n filmteater voor dit gesluit het in 1997 omdat die omgewing gereedgemaak moes word vir ’n luukse woongebied.

Die ontdekking het egter veroorsaak dat die ontwikkeling van die terrein gestaak word om verdere navorsing te doen wat ook meer lig kan werp op die munte.

Die munte is intussen na ’n restourasie laboratorium waar deskundiges probeer om meer vas te stel waar die muntstukke vandaan kom.