Gunfree SA moet transformeer na Knifefree SA

Nadat dit bekend geword het dat die moordsyfer in die land met 6,9% gestyg het en sowat 57 mense daagliks vermoor word, het Gunfree SA die gaping gesien om te vra vir groter wapenbeheer.

Dit sal beteken dat mense met wettige vuurwapens, nog verder ontwapen gaan word en weerloos gelaat gaan word, want moorde word met onwettige wapens gepleeg.  Die polisie het nie die vermoë om onwettige wapens uit die samelewing te verwyder nie.

Boonop het dit aan die lig gekom dat meer moorde met messe gepleeg word as met vuurwapens, en die opmerking is gemaak dat Gunfree SA moet transformeer en sy naam verander na Knifefree SA.