Grondpryse val met 32%

Pryse van landbougrond het met bykans 32% gedaal sedert die ANC die diefstal van grond deur die regering aangekondig het.

Kenners meen die stap van die regering kan lei tot die erosie van eiendomsregte.

Intussen het Johann Bornman van Agri Developments Solutions (ADS)  die belaglike stelling gemaak dat daar nie een enkele boer is wat nie saamstem met die grondhervormingsplan nie. Ontstoke boere sê die verraad in eie kringe loop al sterker.

As daar na ADS  gekyk word loop die woorde Swart Ekonomiese Bemagtiging sterk deur hul visie en wil hulle die tussenganger funksie verrig in die identifisering van hervormingsprojekte.

Die gemiddelde prys van landbougrond het geval tot net bo R9 000 per hektaar, en die verwagting is dat dit nog verder kan val.

Op die manier kan die regering steeds landbougrond teen ‘n appel en ‘n ei bekom, en verloor grondeienaars reeds, al sou hulle vergoeding ontvang.