Franse president kry nog weerstand

Die Franse president, Emmanuel Macron, verkeer in ’n krisis nadat nog een van sy kabinetsministers besluit het om die aftog te blaas.

Die minister van sport, Laura Flessel, het onverwags aangekondig dat sy haar pos as minister bedank, en kom kwalik ’n week nadat president Macron se minister van omgewingsake padgegee het.

Die minister van sport was ook ’n vertroueling van die president, en haar bedanking kom as ’n geweldige terugslag vir die Franse president se beeld.

Laura Flessel, ’n voormalige Olimpiese kampioen, se bedanking kort na die minister van omgewingsake se onverwagse bedanking is met verbasing deur politieke ontleders bejeën, en die algemene siening is dat Macron se kaartehuis besig is om inmekaar te tuimel terwyl hy sy bes doen om die grootse leier in Europa te word wat die Europese Unie verder na links wil druk.

Die uittrede van twee vertrouelinge uit die kabinet word allerweë beskou as nog ’n paar trappe laer vir president Macron se aansien by die Franse kiesers.

Onbevestigde berigte dui daarop dat die Franse president nou sy laagste punt bereik het in gewildheid, en dat kiesers hoegenaamd nie weer vir die pragmatis en sosialis sal stem in ’n volgende presidentsverkiesing nie.

Foto – President Emmanuel Macron