EU wil miljarde spandeer op immigrante

Die Europese Unie wil binne 24 maande ’n volledige opgestelde grens agentskap bestaande uit 10 000 mense oprig om beheer uit te oefen op onwettige immigrante wat Europa binnekom.

Die EU beraam dat so ’n projek tot 12 miljard euro per jaar kan kos, en sal volgens die Kommissie se voorsitter, Jean-Claude ­Juncker, in die volgende twee jaar gereed moet wees om te funksioneer.

Hy het die inligting verstrek tydens sy jaarlikse toespraak wat bestempel word as sy “troonrede” wat gelewer is voor die EU se lidstate byeenkoms.

Lidstate is egter in verset teen die gedagte en sê die koste van so ’n struktuur is veels te hoog en is ’n aantasting van elke land se soewereiniteit.

Kanselier Merkel van Duitsland het tevore ’n besoek gebring aan Afrikastate met die hoop dat miljarde euro aan Afrikalande betaal kan word om die onwettige immigrante uit Europa te hou deur werkskepping te bevorder met die geld.

Dit is die laaste staatsrede wat Jean-Claude ­Juncker gelewer het, en alhoewel hy in September 2019 weer sal praat, staan sy opvolger gereed om oor te neem by hom.

Politieke ontleders sê die Juncker-plan sal nooit realiseer solank daar verteenwoordigers van Hongarye, Pole, Oostenryk en Italië in die vergadering is nie.