EFF vra vir Die Stem se verwydering

Daar word nie maklik met die EFF saamgestem nie maar hul versoek op “menseregte dag” dat Die Stem se gedeelte uit die sogenaamde reënboog volkslied gehaal moet word het meriete, word in volkskringe gesê.

Die Nkosi volkslied, wat ‘n universele god aanroep, is ‘n aanstoot vir enige regdenkende Afrikaner en om gedeeltes van Die Stem daarin op te geneem het, is skreiend.