Duitse minister sê immigrasie veroorsaak onrus

Die Duitse minister van binnelandse sake sê die immigrasie is meestal die hart van die gemeenskap se ontevredenheid en botsing met die polisie.

Die minister het glo verwys na die protesteerder in Chemnitz wat in botsing met die polisie gekom het nadat ’n onwettige immigrant vermoedelik verantwoordelik is vir die dood van ’n jongman deur ’n asielsoeker.

Die minister, Horst Seehofer, wat ook die hoof van die Christen Sosiale Unie is, sê die immigrasie is “die moeder van al die politieke probleme in Duitsland”.

Hy sê die kiesers vereenselwig hulle daarmee dat die immigrante die oorsaak is van die geweld, en distansieer hulle van die partye wat daarvoor verantwoordelik is dat die vreemdelinge toegelaat is in die land.

Dit is bekend dat die nasionalistiese partye sterk groei getoon het in Europa sedert die instroming feitlik onbeheers toegelaat is, en kanselier Angela Merkel aan die spits van die instroming gestaan het met haar “oop deur” benadering.

Verlede jaar het Merkel toegelaat dat meer as ’n miljoen onwettige immigrante toegelaat word in Duitsland, maar wat haar aansien dramaties laat daal het by die kiesers.