Die media se valse beriggewing

Verskeie koerante, televisie, en radiodienste se verslaggewers is in die afgelope jaar betrap dat hulle beriggewing nie voldoen aan die vereiste standaard nie.

Dit is oorbekend dat die anti-Trump televisie kanaal, CNN, verskeie kere misleidende en vals inligting uitgesaai het wet van die sender ’n ongeloofwaardige instelling maak.

In die afgelope week het ’n Oostenrykse koerant foto’s geplaas van die inhuldiging geleentheid van Donald Trump as nuwe president van Amerika, en is die manipulering van die lugfoto uitgewys om die aantal teenwoordiges dramaties minder te maak as wat dit werklik was.

Dit is ook bekend dat verskeie Amerikaanse koerante daarop ingestel is om die Amerikaanse president te diskrediteer met foutiewe beriggewing en dikwels moedswillige afwyking van die feite.

Die linkse media probeer, en slaag klaarblyklik gereeld daarin, om geringe verdraaiing van die feite in te vleg om gebeure te verdraai wat die linkse politici bevoordeel.

Kenners wys daarop dat die beheer oor die media se weergawe veel strenger behoort te wees, maar dit blyk dat linksgesindes in regeringskringe regoor die wêreld die huidige situasie tot eie voordeel gebruik en niks daaraan sal doen nie, omdat dit glo “persvryheid” aan bande lê.

Of dit die media se reg is om verkeerde inligting te versprei, word nie sterk genoeg beklemtoon of beheer nie, en sal waarskynlik nooit tot ’n korrekte en bevredigend beheer kom nie.