Die lig gaan op

Die ANC se verkiesingshoof, Fikele Mbalula (foto), het verklaar dat Suid Afrika ‘n Piesangrepubliek is en sy rede is dat daar toegelaat is dat uitlanders sonder enige dokumente besighede alhier bedryf.

Skielik moet Spaza winkels wat deur uitlanders bedryf word, deur die regering gereguleer word. Uitlanders is glo welkom maar moet dit wettig doen.

Dit volg op die polisie se statistiek wat toon dat daar miljoene onwettige Afrikane in die land is.

Intussen wys ontleders daarop dat dit ironies genoeg die uitlanders is wat die land verarm nie, maar die ANC kaders met hul Indiese broeders wat die land bankrot gesteel het.