Die herlewing van volksnasionalisme

Die herlewing in volksnasionalisme het die afgelope aantal jare al sterker geword, en volksbewussyn het weens verskeie redes ’n wêreldwye tendens gevolg.

Kort nadat Argentinië ’n konserwatiewe president verkies het, was dit die buurstaat Brasilië wat ontslae geraak het van ’n liberale president wat uiteindelik in die tronk beland het.

Daarna het die VSA se opspraakwekkende presidentsverkiesing die wêreld laat besef dat nasionalisme en konserwatisme hand aan hand beweeg om baie volke van die wêreld te rig en te lei.

Een van die belangrikste faktore wat nasionalisme aangewakker het in Europa, was die linkse beleid om onwettige immigrante in Europa toe te laat waarvan baie verbonde is aan terroristebewegings .

Die regerings van Duitsland en Frankryk het die immigrasie letterlik oop gegooi vir almal, en dit het die nasionaliste van Pole, Hongarye, Oostenryk en Italië in beweging gebring en regeer tans die lande terwyl verskeie ander lande vrees dat nasionalisme ook verder sal groei soos wat Swede in die pas afgelope verkiesing ervaar het.

Of die tendens verder gaan ontwikkel, sal die tyd leer, en of dit ’n voordeel inhou vir die Afrikanervolk, sal afhang tot welke mate hulle daarin slaag om die werklikhede van gebeure in die land sterk genoeg op die internasionale platforms bekend maak op ’n wyse wat die trefkrag tot die toehoorders sal verhoog.