Christen Boere-Afrikaner – Quo Vadis?

In die afgelope tyd is daar van regeringskant heelwat dreigemente wat ook die kerk en die geloof in die Here Jesus Christus nie onaangeraak sal laat nie: ons hoor van wetgewing (CRL) wat van kerke gaan eis om by die staat te registreer; predikante moet registreer om as predikante te mag ageer; kerke moet by die sekulêre staatswette aanpas waar dit huweliksbevestiging aangaan ens. Nou moet die kerk hoor dat kerkeiendom staatseiendom moet word en dat die kerk by die staat toestemming moet kry om dit te mag gebruik. Ons weet dat sulke dreigemente nie ligtelik opgeneem mag word nie en teen alle ontkenning in tog realiseer.

Die vraag is of ons bewus is van wat aan die gang is: Vir jare lank het die regering van die voor-1994 bestel ons jong manne onder die valse voorwendsel van ‘n stryd teen kommunisme die bosse ingejaag is om te gaan oorlog maak teen ‘kommuniste wat die land wil oorneem’. Dit, terwyl al vanaf 1968 met kommunistiese tronkvoëls en terroriste (lees: Mandela en kie), onderhandel is oor vrylating. Dit is ‘n welbekende feit wat die kommunistiese ideologie se houding tenoor godsdiens en spesifiek die Evangelie van Jesus Christus is – dit moet ten alle koste beveg en vernietig word: ‘ja’ vir ateïsme, agnostisisme en ander donker ideologië; ‘nee’ vir alles wat met die saak van Christus te make het.

Intussen het kommunistiese bondgenote hierdie land op ‘n skinkbord ontvang uit die hand van veraaiers en verloopte Afrikaners en word hierdie Land van Gelofte ingesuig in die Nuwe Wêreld Orde se grys bredie; alles moet aan die staat behoort en wie nie die woorde van die staat spreek nie is in vir groot moeilikheid – ook die kerke. Natuurlik sal daar geen kommer wees oor diegene wat in die koor van die staat saamsing nie. Die eintlike teiken is hulle wat vir die Evangelie van Jesus Christus opstaan.

Nou die vraag: quo vadis, Christen Boere-Afrikaner? – waarheen nou, Christen Boere-Afrikaner?

Nou is die tyd om ons stem te laat hoor. Wanneer die vyand om Elisa en sy kneg monster (2Kon. 6) hoor ons die geloof van Elisa: Wat by ons is, is meer as wat by hulle is. Die bloed van die martelare is die saad van die kerk van Jesus Christus. Gaan ons opstaan soos Petrus en Johannes voor die Joodse Raad (Hand 4): “Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis, want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie.”

Nou is die tyd om die rug styf te maak en op te staan: in die bekende woorde van die Reformasie: hier staan ons, ons kan nie anders nie! Christus alleen, geloof alleen, Woord alleen, genade alleen – aan God alleen die eer!

Nou is die tyd om tot die stryd toe te tree: ons Calvinistiese voorgeslagte het nie verniet geoffer nie; die bloed van Protestantse voorouers roep dat u en ek uit die blokke sal kom en die stryd sal voortsit. Ons Hemelse Vader het in Sy wyse voorbeskikking besluit om ‘n volksplanting hier te laat geskied om Sy Woord in Suider Afrika te vestig. In Sy krag mag ons nie terugstaan en toelaat dat die magte van duisternis hier verder seëvier nie.

As u en ek bly swyg, sal die klippe dit uitroep!

Die stryd wat ons vaders gestry het, sal woed tot ons wen of gesterf het. Julle heidene moet kennis neem!

Soli Deo Gloria!

Calvinistiese Alliansie