Britte maak staat op wind

Brittanje is tans besig om sy kragvoorsiening met ’n  groot windplaas ter see op te rig, nie net die grootste kragvoorsiener daarvan te word nie, maar ook sy afhanklikheid van ander bronne te verminder.

Die Britte het pas ’n nuwe windplaas ter see geopen en in gebruik geneem wat die grootste windplaas ter wêreld is wat weg van die land opgerig is.

Die windplaas wat geleë is aan die noordwestelike kus van Engeland is deur ’n Deense maatskappy opgerig en is die afgelope week in gebruik geneem.

Die windplaas bestaan uit 87 turbines oor ’n gebied van 145 vierkante kilometer en is gelyk aan 20 000 rugbyvelde.

Die windplaas het ’n kapasiteit van 659 Megawatt wat voldoende is om 600 000 huishoudings van krag te voorsien.