Brexit: EU sê ooreenkoms binne weke

’n Realistiese ooreenkoms tussen die Verenigde Koninkryk en die Europese Unie (EU) sal binne agt weke gereed wees om gefinaliseer te word.

Dit is die versekering wat die EU woordvoerder, Michel Barnier, die afgelope naweek in ’n verklaring gegee het, en daarmee druk op die Konserwatiewe Party van Brittanje gesit om die akkoord te ondersteun.

Barnier het tydens ’n konferensie in Slowenië gesê ’n Brexit ooreenkoms behoort binne agt weke bereik te word, maar waarnemers wys daarop dat die Britse Eerste Minister, Theresa May, ook onder druk van haar party se parlementslede.

Die premier het herhaalde kere gesê dat Brittanje eerder geen ooreenkoms sal aangaan met die EU as om ’n swak ooreenkoms te aanvaar.

Barnier is egter oortuig daarvan dat ’n ooreenkoms voor November bereik sal word aangesien Brittanje se uittrede vroeg in 2019 werklikheid word.

Brexit word beskou as die een besluit van Britse kiesers wat die volk ernstig verdeld gelaat het, en waar partypolitiek in die verlede die verskille uitgewys het, het Brexit die verskille veel ernstiger gemaak en strek oor party grense heen.

Brittanje sal op 29 Maart 2019 amptelik uit die Europese Unie tree, maar die moontlikheid is nie uitgesluit dat daar uitstel kan wees weens tegniese redes wat dan in die ooreenkoms vervat sal word.