Bevolking neem toe, SAPD word kleiner

Die bevolking het van 54 miljoen in 2010 “gegroei” tot 57,3 miljoen in 2017 maar dit sluit nie die 11 miljoen ongedokumenteerde immigrante in nie, sê die minister van polisie, Bheki Cele.

Ongedokumenteerde immigrante is egter niks anders nie as onwettige immigrante.

Intussen het die polisie se getalle met bykans 10 000 verminder in die ooreenstemmende tydperk, wat beteken dat daar een polisiebeampte vir elke 383 inwoners is.

Daar is tans ‘n tekort van 62 000 polisiebeamptes landswyd aldus die nasionale polisie kommissaris, Khehla Sithole.  Polisie kolleges kan 7 000 nuwe lede inneem dus sal dit bykans nege jaar neem om die agterstand uit te wis.