Aussie in die pekel

’n Spotprent tekenaar van Australië is blykbaar ernstig geroskam oor sy spotprent van Serena Williams wat gal gebraak het tydens haar verloor wedstryd teen die Japanese tennisspeler.

Williams het op ’n nare wyse geskree op die skeidsregter wat bloot sy werk gedoen het en gevra het dat die spel se reëls gehoorsaam moet word.

Williams het so ’n kabaal opgeskop dat sy later ook haar raket op die baan stukkend gegooi het.

Haar fooi van $1,4 miljoen is met strafmaatreëls verminder met ’n paar duisend dollar, wat mense se reaksie ontlok het op die sosiale netwerk.