VSA stel sanksies in teen Rusland

Washington het aangekondig dat hy meer sanksies teen Rusland ingestel het weens dié land se betrokkenheid met die senuwee vergiftiging van ’n Russiese dubbelagent spioen en sy dogter.

Sergej Skripal en sy dogter wat in Salisbury, Brittanje, woon is gedurende Maart vanjaar in die hospitaal opgeneem vir behandeling weens die erns van die vergiftiging.

Die optrede van Amerika volg nadat die Wut Huis ’n finale beslissing gemaak het dat die regering van Vladimir Poetin verantwoordelik is vir die daad.

Alhoewel Moskou steeds ontken dat hy enigsins betrokke was by die moord poging, glo Westerse lande dat dit di enigste land is wat ’n motief gehad het om so ’n daad te pleeg.

Die Trump-administrasie sê hulle is oortuig daarvan dat Rusland “chemiese of biologiese wapens gebruik, wat teen die internasionale wet is”.

’n Woordvoerder van die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake sê die sanksies sal teen 22 Augustus van krag word, maar wat die inhoud van die sanksies sal wees, is nie bekendgemaak nie.

Foto – Sergej Skripal en dogter