VSA stel nuwe sanksies in teen Iran

Die Trump-administrasie het aangekondig dat hernude sanksies teen Iran ingestel word nadat die land nie ag geslaan het op die VSA se eis dat die kernwapen verdrag hersien word nie.

Die sanksies behels ondermeer dat geen Amerikaanse goedere na Iran uitgevoer word nie en dat geen goedere uit die land aangekoop word nie.

Die sanksies is onmiddellik van krag in ’n poging om maksimum druk op Iran te sit om te besin oor die hersiening van die kern ooreenkoms.

Die optrede van Amerika volg nadat president Trump aangekondig het dat Amerika onttrek uit die ooreenkoms, maar die Europese land staan steeds by die akkoord wat deur die regering van Barack Obama aangegaan is, maar wat volgens Trump, vol skuiwergate is.