Vlieg kelder domino rekord

’n Span mense wat ’n sterk aanslag op die wêreldrekord gemaak het met hulle groot poging om honderde dominos te laat kantel, is deur ’n lastige vlieg gekortwiek.

Die kanting dominos het begin kantel voordat die span klaar was met hulle werk  toe ’n vlieg besluit het om dit as sitplek te toets.

Die vlieg se optrede het die dominos “geaktiveer” en daarmee die hele poging van die span gekelder wat bedoel was om ’n nuwe wêreldrekord te word.

Die span wat in die dorp Nidda naby Frankfurt in Duitsland met hulle poging besig was, wou met mini-dominos hulle rekord opstel.

Die vlieg se landing op die klein tingerige domino was egter die sneller wat die “byna klaar” projek laat kantel het.

Die klein dominos wat so groot soos ’n pinkie se nael is, se rye was met 590 229 piepklein dominos gepak en met die vlieg se landing was die harde werk binne 15 minute ongedaan gemaak.

Te midde van die skade wat die vlieg veroorsaak het, spog die span darem daarmee dat dit die langste spiraal en die langste domino muur is wat ook wereld rekords is.

Die poging het die werk van 20 deelnemers geverg wat twee weke lank aan die versigtig pak van dominos gewerk het, maar ’n dag voor alles gereed sou wees het die vlieg gesorg vir die ramp.