Sneeu smelt in Sweedse bergtoppe

Die hoogste bergpieke in Swede is besig om hulle kenmerkende hoogtes te verloor weens die hittegolf wat die sneeu in die bergtoppe laat smelt.

Een van die bergpieke wat oor eeue die hoogste was, is nou nie meer die hoogste nie, want die sneeu het gesmelt en daarmee meters se diep sneeu prysgegee sodat ’n ander bergpiek nou die hoogste is.

Dit is egter nie die grootste bron van kommer vir wetenskaplikes nie, want die hittegolf het in dele van die Noordpool sirkel die kwik laat styg tot 32 grade Celsius, wat baie sneeu en ysblokke laat smelt het.

Ou inwoners van Swede sê dit is ’n vreemde gedagte dat die Kebnekaise bergpiek so gesmelt het dat dit nie meer die hoogste is nie.